Man vas wat glo klein hondjies doodmaak

ʼn Man wat in hegtenis geneem is nadat hy glo twee klein hondjies doodgemaak het om hulle te eet, sal Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn, het die polisie gesê.

Die 22-jarige man is Saterdagaand in hegtenis geneem toe die polisie glo op die karkasse in sy vrieskas in sy huis in Pretoria-Noord afgekom het, het konstabel Maanda Singo gesê. “Die polisie is ontbied nadat iemand die velle van klein hondjies in die asblik buite die huis gewaar het,” het hy gesê. “Ons vermoed hy het die hondjies doodgemaak omdat daar nie ander vleis in sy huis was [om te eet] nie, maar ons is nie seker nie, want hy wou niks vir ons sê nie. Dalk vertel hy Maandag vir die landdros iets.” Singo sê die man sal van dieregeweld aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

benita ·

Wat ‘n onsmaaklike storie. En is die illustrasie nie effens in swak smaak nie?

Susan Lombaard (Bestuurder: Maroela) ·

Benita, dankie vir jou terugvoer. Dis inderdaad ‘n onsmaaklike storie en ons het vanoggend ‘n bietjie gesels oor die plasing daarvan. Maar is nuus nie maar in wese onsmaaklik nie? Uiteindelik bepaal nuuswaardigheid of ‘n storie deur die media gedra word of nie. Uiteraard is ‘n voorval soos die Johan Kotzé-geval van die afgelope tyd baie meer onsmaaklik as hierdie storie – tog plaas die media dit omdat dit ‘n blik gee op die realiteit van die gemeenskap waarin ons almal funksioneer.
Oor die foto: Hieroor het ons ook ‘n bietjie kopgekrap. Ons het gereken om ‘n foto van ‘n oulike hondjie te plaas, sou selfs meer onsmaaklik wees, en dit sou die wanindruk skep dat ons weet watter tipe honde dit is wat gevind is. Ons het op hierdie prentjie besluit om ‘n effens ligter aanslag aan die storie te gee en terselfdertyd nie emosie daaraan te koppel ter wille van sensasie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.