Man vas wat glo meisie vermoor

crime-scene-tape-320x191ʼn Man van die Oos-Kaap verskyn Vrydag in hof nadat hy glo sy meisie, wat ook die ma van sy twee kinders is, met ʼn harde voorwerp doodgeslaan het.

Kapt. Jackson Manatha, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 33-jarige man het na bewering Dinsdag sy 27-jarige meisie in Dutywa met ʼn harde voorwerp doodgeslaan nadat die paartjie glo baklei het.

“Hy het na die voorval weggehardloop en is Woensdag deur die inwoners opgespoor en aan die polisie oorgegee,” het Manatha gesê.

Hy gaan binnekort in die Dutywa-landdroshof verskyn op ʼn aanklagte van moord.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.