Man vas wat klippe op JHB-hoofweg gooi

steneʼn Man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy klippe gegooi het na sewe voertuie, wat op die N1-snelweg in Johannesburg gery het.

Kapt. Lydia Dikolomela, ʼn woordvoerder van die Gautengse polisie, het gesê die 30-jarige man is omstreeks 09:40 in Florida in hegtenis geneem.

“Toe ʼn metropolisiebeampte hom wou aankeer, het die verdagte die beampte en sy voertuig met klippe bestook,” het Dikolomela gesê. “Die beampte het nog polisiebeamptes ontbied, waarna die man uiteindelik vasgetrek is.”

Die man word aangekla van opsetlike saakbeskadiging en gaan na verwagting Dinsdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Waaksaam ·

Ek stem Trippie ….. Seker deur Mal Emma opgelei …. dis ‘n ander manier om van ons ontslae te raak ;-) Deel van hulle plan – die goed is uit om te moor en punt !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.