ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy Dinsdag op ʼn Golden Arrow-bus in Kaapstad geskiet en die busbestuurder beseer het.
Kapt. Ntomboxolo Sitshitshi, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die voorval het omstreeks 05:00 naby Browns Farm plaasgevind.
“Die busbestuurder was alleen op die bus. Hy is nie deur ʼn koeël getref nie, maar het geringe beserings opgedoen nadat vensterskerwe hom getref het,” het sy gesê.
ʼn 36-jarige man is later die dag in verband met die skietery in hegtenis geneem. Hy word aangekla van poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en moet binnekort in die hof verskyn.