‘n Vrou van Orange Farm in Gauteng is Dinsdag vir die besit van dagga ter waarde van sowat R30 000 in hegtenis geneem.
Kapt. Kabelo Marumo sê 10 sakke dagga is Maandag in ‘n geslote kamer opgespoor. “Haar man het ‘n klag van gesinsgeweld teen haar gelê en toe die polisie wou ondersoek instel, het die man gesê hy vermoed sy is betrokke in dwelmhandel weens die onbekende gaste wat gereeld die huis besoek,” het Marumo gesê. “Verdere ondersoek het die polisie na ‘n kamer gelei waar 10 sakke dagga met ‘n beraamde straatwaarde van R30 000 opgespoor is.”
Die vrou sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Vereeniging verskyn op aanklag van die besit van en handeldryf in dagga.