Man verdrink amper self toe hy tieners probeer red

Maitlandstrand

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Saterdagmiddag drie tieners by Maitlandstrand, 30 km van Port Elizabeth, probeer red het.

“Berigte dui aan dat die man teen ongeveer 17:00 Saterdag die see ingeswem het om drie tieners te probeer red, maar hy het toe self in die moeilikheid beland en hy moes toe gered word,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911 gesê. Paramedici het hulself na die toneel gehaas en nadat hulle die man kon stabiliseer het hulle hom na die Netcare Greenacres-hospitaal afgevoer vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae