Man verdrink, ander vermis na boot omslaan

ʼn Man het verdrink en nog ʼn man word vermis nadat hulle boot omgeslaan het by Noordehoek strand in die Wes-Kaap.

ʼn Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê ʼn reddingspan is omstreeks 7:00 Saterdagoggend ontbied nadat ʼn ooggetuie ʼn rubberboot op die strand sien uitspoel het. “Die liggaam van ʼn jong man is sowat 30 meter verder gevind. Later dieselfde dag het ʼn man van Houtbaai beweer hy was ook op die rubberboot en dat ʼn derde persoon ook op die boot was en steeds soek is.” Lambinon sê die gesin van die vermiste man het bevestig dat hy en die twee ander mans Vrydagaand op die rubberboot uit is om vis te vang. Die soektog duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.