Man verdrink byna in getyswembad

Argieffoto.

ʼn 28-jarige man is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal nadat hy Dinsdag byna in ʼn getyswembad by Salt Rock in KwaZulu-Natal verdrink het.

“Die man het in die moeilikheid beland en om hulp geroep. Gelukkig was daar lewensredders naby die swembad wat hom kon red,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê. Paramedici het die man op die toneel behandel en gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.