Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê volgens die man se vriendin het hy onder die water verdwyn terwyl hy geswem het. Sy liggaam is deur duikers uit die getyswembad gehaal.
Lambinon sê ʼn visserman is intussen gister in St Francisbaai in die Oos-Kaap dood nadat hy op ʼn vissersboot flou geraak het. Reddingswerkers het mond-tot-mond-asemhaling op die man toegepas maar sonder sukses.