Man verdrink in getyswembad

'n Getyswembad in Kampsbaai. Foto: Joy Smith/Flicker

‘n Getyswembad in Kampsbaai. Foto: Joy Smith/Flicker

ʼn Man het Donderdagmiddag in ʼn getyswembad by Kampsbaai in Kaapstad verdrink.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê volgens die man se vriendin het hy onder die water verdwyn terwyl hy geswem het. Sy liggaam is deur duikers uit die getyswembad gehaal.

Lambinon sê ʼn visserman is intussen gister in St Francisbaai in die Oos-Kaap dood nadat hy op ʼn vissersboot flou geraak het. Reddingswerkers het mond-tot-mond-asemhaling op die man toegepas maar sonder sukses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.