Man verdrink in Hermanus

Foto: NSRI

Die liggaam van ʼn man is Sondag in die Botrivier-strandmeer in Hermanus gevind.

Deon Langenhoven, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se adjunk-stasiebevelvoerder in Hermanus, sê die liggaam is uit die water gehaal en aan die polisie oorhandig. Hy sê die identiteit van die oorledene is nog nie vasgestel nie. “Dit is ook nog nie duidelik hoe lank die liggaam in die water was nie.” Langenhoven sê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.