‘n 32-jarige man het Sondagmiddag in die Midmardam naby Howick, KwaZulu-Natal, verdrink het paramedici gesê.
“Die man se vriende het hom glo uit die oog verloor voordat hulle die owerhede in kennis gestel het,” het André Visser, woordvoerder vir ER24 gesê. Hy het gesê die polisie het na die toneel gejaag en die man se liggaam binne minute uit die water gehaal. Paramedici het die man egter op die toneel dood verklaar.