Man verdrink in Richardsbaai

Argief. Foto: NSRI

ʼn Man het Saterdagaand verdrink naby Richardsbaai in KwaZulu-Natal.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die NSRI is omstreeks 18:20 na Bay Hall, ʼn swemarea in die Richardsbaai-hawe, ontbied. Lambinon sê met die NSRI se aankoms op die toneel het hulle ʼn 20-jarige vrou op die strand gevind. Die vrou is na bewering deur ʼn omstander uit die water gered. Lambinon sê die vrou het saam met ʼn 40-jarige man na Pelican-eiland geswem toe hulle in die moeilikheid beland het. “Paramedici het mond-tot-mond-asemhaling op die vrou toegepas voor sy in ʼn kritieke toestand na ‘n hospitaal vervoer is.” ʼn Soektog is van stapel gestuur na die vermiste man en die polisie se duikeenheid is ontbied. Die duikeenheid het die man se liggaam opgespoor. Die saak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.