ʼn 22-jarige man het Woensdagmiddag verdrink na hy, weens ʼn epileptiese toeval, in die swembad by sy ouerhuis in Randburg geval het.
Volgens Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die man se pa hom te hulp gesnel en uit die swembad gehaal. Hy het mond-tot-mondasemhaling toegepas totdat paramedici opgedaag en oorgeneem het. Hy is verder op die toneel behandel en op ʼn asemhalingsmasjien geplaas voordat hy na die Netcare Olivedale-hospitaal gehaas is.
“Ten spyte van die nooddienste en trauma-personeel se beste pogings om die man te red, is hy kort na sy aankoms in die hospitaal oorlede,” het Wicks gesê.