Man verdrink na hy van seiljag val

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê ʼn man het vroeg Sondagoggend aan die kus aan Port Elizabeth verdrink nadat hy van ʼn seiljag afgeval het.

ʼn Woordvoerder van die NSRI, Craig Lambinon, sê die seiljag was op pad terug na Port Elizabeth toe ʼn man omstreeks 2:20 Sondagoggend afgeval het. Die ander bemanningslede het na die man, glo in sy vroeë 40’s, begin soek. Die NSRI het die man later in die water gekry. Hy is kort hierna dood. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.