Man verdrink naby Gordonsbaai

Die polisie se duikeenheid sal vandag die soektog voortsit na die liggaam van ʼn 30-jarige man wat Maandag naby Gordonsbaai in die Wes-Kaap verdrink het.

Edward Rossouw, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê reddingspanne is omstreeks 13:40 gister na die toneel tussen Bikini Beach en die Steenbrasrivier ontbied. Rossouw sê die man se kollega het aan die reddingswerkers gesê dat hy deur branders van die rotse afgeslaan is en vinnig onder die water verdwyn het. Sy kollegas het hom probeer red deur toue in sy rigting te gooi maar sonder sukses. “Ondanks ʼn uitgebreide see- en kuslynsoektog, insluitend ʼn soektog deur die polisie se duikeenheid, is daar geen teken van die vermiste man nie. Die polisie se duikeenheid sal vandag die soektog voortsit.” Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.