‘n 28-jarige man het op Kersdag naby Witsand in die Wes-Kaap verdrink toe hy ‘n vriend wou help, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
“’n Groep mense het naby Witsand in die rivier gaan swem en een van die mans het omstreeks 13:30 in die moeilikheid beland,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê. “Die 28-jarige man wou hom gaan help, maar hy het self in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn.”
Volgens Lambinon het ‘n reddingsduiker van die NSRI eers met die derde poging op die man se liggaam afgekom. “Die man se liggaam is uit die water gehaal en na die wal gebring waar paramedici hom dood verklaar het.”
Sy liggaam is aan die patologiediens oorhandig en die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek gelas. Sy familie word bygestaan deur traumaberaders van die polisie.
Ai tog, dis so hartseer, geen Kersdag sal vir hierdie familie ooit weer dieselfde wees.
Baie sterkte word die naasbestaandes toegewens.