Man verdrink in Port Edward

Port Edwardʼn 47-jarige man van Port Shepstone het Saterdag in die see by Port Edward, KwaZulu-Natal, verdrink.

Volgens Craig Lambinon, ʼn woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het lewensredders hulle omstreeks 11:30 ontbied nadat die slagoffer deur ʼn systroom by Mainstrand meegesleur is.

Toe die NSRI by die toneel opgedaag het, het die lewensredders reeds die man se liggaam uit die water gehaal en mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas.

“Paramedici van Netcare 911 het by die lewensredders oorgeneem en gevorderde lewensreddingbehandeling op hom toegepas,” het Lambinon gesê. Niks kon gedoen word om die man se lewe te red nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.