‘n Man het Dinsdagoggend verdrink by Ramsgate-strand, KwaZulu-Natal, nadat die see hom meegesleur het.
Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het die man reeds ophou asemhaal voor lewensredders hom uit die see gehaal het. Paramedici het hom probeer bybring, maar sonder sukses.
‘n 17-jarige seun is ook Dinsdagoggend in Durban-Suid deur die see meegesleur, maar lewensredders kon hom betyds uit die water haal. Die seun is na ‘n plaaslike hospitaal geneem.