Man verdrink toe hy wil help

Foto: www.jhblive.com

ʼn Man het Sondag in Wemmerpan in La Rochelle, suid van die Johannesburgse middestad, verdrink toe hy ander mense in nood probeer help het.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê die man het in die water gespring nadat ʼn bootjie met drie ander mense omgeslaan het. Die drie mense wat in die bootjie was kon daarin slaag om veilig die kant te bereik maar die man wat hulle wou help het verdrink. Geen verdere besonderhede oor die voorval is bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.