Man verdrink voor familie

Frans Gerber, ʼn 47-jarige inwoner van Joubertina in die Oos-Kaap, het Sondag voor sy familie verdrink toe hy in die see by Jeffreysbaai gaan swem het.

Gerda Swart, ʼn polisiewoordvoerder, sê ʼn fratsgolf het hom vermoedelik onder die water ingetrek. “Gerber en vriende het saam geswem toe hy deur die golf oorweldig en onder die water ingetrek is. Sy vriende het hom probeer red en sy liggaam na die oewer gebring waar hulle mond-tot-mond-asemhaling begin toepas het,” het Swart gesê.

Bystanders het tevergeefs probeer om Gerber te red. Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die polisie se trauma-eenheid staan die gesin by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.