Man verdrink wat meisie wou ontvoer

‘n Man het verdrink in ʼn rivier in die Oos-Kaap nadat hy probeer het om ‘n tienermeisie te ontvoer.

Volgens kaptein Jackson Manatha, ʼn woordvoerder van die polisie, het die voorval Dinsdag in die Zingqayi informele nedersetting, naby Butterworth plaasgevind.

“Die man, in sy twintigs, het probeer om ʼn 18-jarige meisie te ontvoer terwyl sy water by ʼn rivier gaan haal hetvolgens kaptein Jackson Manatha.

“Inwoners het die meisie hoor skree en gaan ondersoek instel. Die verdagte het probeer vlug en in die rivier beland en verdrink.”

Die polisie is besig met ’n geregtelike ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.