Man vergiftig glo vrou en kinders

Argieffoto

‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou en twee kinders in Vioolsdrift in die Noord-Kaap vergiftig het.

“Die man is Sondag in hegtenis geneem nadat hy glo gif, wat gebruik word om wurms dood te maak, in sy vrou en kinders se tee gegooi het,” het lt. Andrea Cloete, woordvoerder van die Noord-Kaapse polisie, gesie. “Die gemeenskap het op die slagoffers afgekom. Hulle het van die pyn gekrul. Die polisie is ontbied en die slagoffers was toe reeds in ‘n ernstige toestand.”

Die vrou en negejarige seun is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem, maar sal na verwagting later uit die hospitaal ontslaan word. Die vierjarige dogtertjie is steeds in ‘n kritieke toestand.

Die man staar aanklagte van poging tot moord in die gesig. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Springbok-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.