Man verkool in motor

ʼn Man het verkool agter die stuur van sy motor naby die Satarakamp in die Krugerwildtuin.

Volksblad berig dat die man glo beheer verloor het oor sy Volvo voor dit van die pad geloop het. Die motor het glo gerol en sowat 10m verder in die bos op sy wiele te lande gekom. Die motor het glo onmiddellik aan die brand geslaan en die man het agter die stuurwiel verkool. Volgens die polisie het die motor waarskynlik die spoedgrens van 50km/h oorgesteek. Die man sal met behulp van DNS-toetse geïdentifiseer word. ʼn Woordvoerder van die wildtuin, Laura Mukwevho, sê hulle is besig om hul rekords na te gaan in ʼn poging om die man te probeer identifiseer.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.