Man verkool na bakkie rol

ʼn Man het verkool nadat sy bakkie Saterdagoggend gerol en aan die brand geraak het op die N4 naby die Witbank-afrit in Mpumalanga.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Chris Botha, sê hoewel die oorsaak van die ongeluk nog nie bekend is nie, blyk dit dat die bakkie verskeie kere gerol het voor dit ongeveer 11:00 aan die brand geraak het. Hy sê paramedici kon nie daarin slaag om die brand te blus en die man wat in wrak vasgekeer was te red nie. Nadat die brand geblus is, het paramedici die man ondersoek en hom op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.