Man verkool na voertuig teen trok bots

ʼn Man het Maandagaand in Durban verkool nadat hy agter in ʼn vragmotor vasgery en sy voertuig aan die brand geslaan het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het Dinsdag gesê die ongeluk het op die N2-snelweg naby die King Shaka-lughawe plaasgevind. “Die man was in sy voertuig vasgekeer en het doodgebrand,” het Botha gesê.

Niemand in die swaarvoertuig is beseer nie.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

Wonder net, soveel van hierdie swaar voertuie is onpadwaardig, was hy sigbaar ten tye van die ongeluk ?

Ek wens geen mens so gruwelike dood toe nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.