ʼn 26-jarige man het homself aan die polisie oorgegee nadat ʼn mediese student aan die Universiteit van KwaZulu-Natal Dinsdagaand dood aangetref is.
Die student, Xolile Simphiwe Mabele (24), se liggaam is omstreeks 20:30 in haar kamer in die St Hillier Court-koshuis aangetref.
Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, sê daar was krapmerke aan haar nek. Sy was ook verkrag.
“Die man is in hegtenis geneem en moet binnekort in die Durbanse landdroshof verskyn. Hy word aangekla van verkragting en moord. Die verdagte was nie ʼn student aan die universiteit nie,” het Zwane gesê.