Man verkrag en vermoor mediese student

ʼn 26-jarige man het homself aan die polisie oorgegee nadat ʼn mediese student aan die Universiteit van KwaZulu-Natal Dinsdagaand dood aangetref is.

Die student, Xolile Simphiwe Mabele (24), se liggaam is omstreeks 20:30 in haar kamer in die St Hillier Court-koshuis aangetref.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, sê daar was krapmerke aan haar nek. Sy was ook verkrag.

“Die man is in hegtenis geneem en moet binnekort in die Durbanse landdroshof verskyn. Hy word aangekla van verkragting en moord. Die verdagte was nie ʼn student aan die universiteit nie,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.