Man verkrag gestremde seun, gee hom R7

ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem na hy glo ʼn 12-jarige verstandelik gestremde seun verkrag het.

Volgens Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, is die seun glo op 15 Mei verkrag na die man die seun met R7 na sy agtererf in Zola, Soweto, gelok het.

“Die seun was op pad om na sy skool te loop toe die 43-jarige man hom genader en in ʼn kamer in sy agtererf verkrag het. Die man het vir hom R7 gegee.”

Die seun se ouers het hom na die Jabulani-polisie gevat, waar hulle ʼn saak oopgemaak het. Die man het intussen verdwyn maar weer Dinsdagoggend om 03:00 terug gekeer na sy huis, waar die polisie hom ingewag het.

Hy gaan Woensdag in die Soweto-distrikshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.