Man verkrag glo 17-jarige voor ander mense

ʼn 22-jarige man is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 17-jarige meisie in die publiek verkrag het.

Ao. Kay Makhubela, ʼn woordvoerder van die Gauteng-polisie, sê die voorval het in ʼn kroeg in Jabulani, Soweto, plaasgevind. “Die verdagte en die meisie het drankies gedrink toe die man haar gegryp, ontklee en haar voor ander mense verkrag het,” het Makhubela gesê.

Die meisie het uitgehardloop en die misdaad by die polisie gaan aanmeld. “Toe sy saam met die polisie na die toneel terugkeer, was die man nog steeds daar. Hy is in hegtenis geneem en moet Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn,” het Makhubela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MARTHIE ·

laat die vark boet vir sy dade hoeveel het hy dalk al dieselfde mee gedoen

Angelique ·

Slaan my dood. Nou verstaan ek glad nie! Hoe kry hy dit reg om iemand, voor honderde (let wel dis in n shebeen in SOWETO?) te gryp, uit te trek, en te verkrag, en sy kry nog tyd om uit te hardloop (ek neem aan sy het weer klere aangetrek), sonder dat selfs net 1 persoon dit raak sien? Skuus maar dit maak nie sin nie.

Hannes ·

Laat Hulle altwee boet. Ja dis heeltemaal verkeerd om ‘n kind te verkrag, maar wat soek sy in die eerste plek in ‘n shebeen as sy net 7 is, sover ek dit het is die wettige ouderdom van drankgebruik 8. Ja sy is nou verkrag, maar sy kan ook in die hof daarvoor verskyn, sowel as die bestuur of eienaar van die kuierplek. Kom by mense elke besluit het sy nagevolge, party gaan ongemerk deur en ander word opgemerk…

Brenda ·

Hannes, sy is 17 jaar oud, NIE 7 nie. Lees weer die berig- dit staan in die opskrif!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.