Man verkrag glo 68-jarige vrou

ʼn Man is Maandagaand in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 68-jarige vrou van die Oos-Kaap in haar huis verkrag het.

Maj. Zamukulungisa Jozana, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die voorval het in Mfakathini plaasgevind. “Die man het die vrou se voordeur afgeskop en haar in haar kamer, waar sy geslaap het, verkrag. Die man het op geld aangedring en van die toneel gevlug toe hy niks kon vind nie,” het Jozana gesê.

Die vrou se kleinseun het haar hoor huil en die bure se hulp ontbied. Die bure het die 32-jarige verdagte agterna gesit en gevang. Hulle het hom aan die polisie oorhandig.

Die verdagte moet Woensdag in die Mqanduli-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.