ʼn Man is Maandagaand in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 68-jarige vrou van die Oos-Kaap in haar huis verkrag het.
Maj. Zamukulungisa Jozana, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die voorval het in Mfakathini plaasgevind. “Die man het die vrou se voordeur afgeskop en haar in haar kamer, waar sy geslaap het, verkrag. Die man het op geld aangedring en van die toneel gevlug toe hy niks kon vind nie,” het Jozana gesê.
Die vrou se kleinseun het haar hoor huil en die bure se hulp ontbied. Die bure het die 32-jarige verdagte agterna gesit en gevang. Hulle het hom aan die polisie oorhandig.
Die verdagte moet Woensdag in die Mqanduli-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van verkragting.