Man verkrag glo sy eie ma

‘n Man is in Lady Frere in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo sy eie ma verkrag het.

Die 26-jarige man het glo sy 64-jarige ma Saterdagaand omstreeks 23:00 met ‘n mes aangeval, het lt. Pumzile Makaula, woordvoerder vir die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Hy het vir sy ma gesê sy moet al haar klere uittrek en haar toe verkrag. Sy het die misdaad by die familie en bure aangemeld. Hulle het toe plaaslike inwoners aangesê om die seun te soek,” het Makaula gesê. Die inwoners het hom in hegtenis geneem en hom aan die polisie oorhandig. Hy sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Lady Frere verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.