Man verloor bene toe hy probeer selfmoord pleeg

ʼn Man het sy bene Woensdag verloor toe hy voor ʼn trein ingespring het om vermoedelik selfmoord te pleeg.

“Die 30-jarige man van Naledi is deur ʼn trein getref toe hy glo wou selfmoord pleeg. Beide sy bene is geamputeer,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste gesê. Die voorval het in Soweto, Johannesburg plaasgevind. Die man is na Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.