Man vermis na golf hom slaan

Foto: capetowndailyimage/NSRI

Foto: capetowndailyimage

ʼn Man word vermis en het vermoedelik verdrink nadat hy by die Seepunt-promenade deur ʼn brander getref en in die see beland het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê hulle is omstreeks 17:15 Donderdagmiddag na die promenade ontbied na onbevestigde berigte dat ʼn man in die see beland het. Die NSRI het ʼn boot na die toneel ontbied. Daar was egter geen teken van ooggetuies op die toneel nie. Lambinon sê terwyl reddingswerkers van die NSRI en polisie op die toneel besig was, het ʼn vrou op die toneel aangekom en beweer dit is haar man wat in die see beland het. “Dit wil blyk dat sy hulp gaan soek het toe die polisie op die toneel aangekom het.” Lambinon sê die polisie se duik-eenheid gaan voort met hul soektog na die man.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.