Man vermis na kano omslaan

Argieffoto

ʼn 18-jarige man word vermis nadat hy en twee vriende se kano Saterdag op die Breederivier naby Mosselbaai in die Wes-Kaap omgeslaan het.

Attie Gunter, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se stasiebevelvoerder by Witsand, sê die drie 18-jariges was sowat 26km stroomop van die riviermond toe hulle kano omgeslaan het. Twee van die mans kon daarin slaag om veilig by die kant te kom ondanks die rivier wat geswel was weens die onlangse reënval. “Die voorval het naby aan die kant plaasgevind maar daar is baie riete in die water langs die kant en dit het moontlik hulle pogings om veilig by die kant te kom bemoeilik.” ʼn Intensiewe soektog het geen teken van die vermiste man opgelewer nie en die polisie se duikeenheid gaan voort met die soektog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.