Man vermis ná water voertuig meesleur

Argieffoto.

ʼn Man word sedert Donderdagaand vermis nadat sy voertuig deur vloedwater van ʼn laagwaterburg in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal meegesleur is.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het die voertuig vier insittendes, almal in hul 20s, gehad. “Hul Mazda 323 wou ʼn oorstroomde laagwaterbrug in Woodhouse oorsteek toe dit in die rivier beland het. Drie van die mense kon daarin slaag om uit die voertuig te kom en na die oewer te swem. Die vierde persoon kon egter nie uitkom nie en is saam met die voertuig meegesleur,” het Jackson gesê.

Die polisie is ontbied en die soektog na die man duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.