Man vermoor glo baba met gebreekte bierbottel

ʼn 28-jarige man is in hegtenis geneem in Marble Hall in Limpopo nadat hy glo sy sewe maande oue stiefdogter met ʼn gebreekte bierbottel doodgesteek het.

ʼn Polisiewoordvoerder, konst. Lethunya Mmuroa, sê Abbey Moyo het na bewering sy stiefdogter met die bierbottel doodgesteek voor hy sy vriendin, die baba se ma, met ʼn mes gesteek het. Die voorval het glo plaasgevind nadat Moyo sy vriendin daarvan beskuldig het dat sy ontrou was. Moyo se vriendin word in ʼn plaaslike hospitaal behandel. Moyo is in hegtenis geneem en word aangekla van moord en poging tot moord. Moyo het reeds in die hof verskyn en sal op 1 November in die Groblersdal landdroshof verskyn om aansoek te doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.