Man vermoor glo drie gesinslede

ʼn Man van die Oos-Kaap het Maandag in die hof verskyn nadat hy glo gedurende die naweek sy ma, suster en driejarige susterskind vermoor het.

Ao. Namhla Mdleleni sê die man het glo sy ma (53), sy suster (26) en die kind in hul huis in Deskea, Cofimvaba, met ʼn skerp voorwerp doodgesteek, terwyl hulle geslaap het. “Twee van sy gesinslede, onderskeidelik 15 en 17 jaar oud, kon daarin slaag om te ontsnap en het by hul bure gaan aanklop om hulp,” het Mdleleni gesê. Die polisie is ontbied en die man is in hegtenis geneem.

Die man het Maandag in die Cofimvaba-landdroshof verskyn op aanklagte van moord. Die saak is uitgestel tot 17 Februarie wanneer hy vir formele borgtog gaan aansoek doen. Hy bly tot dan in aanhouding. Die rede vir die gesinsmoord is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.