Man vermoor glo meisie op Nuwejaarsdag

Argieffoto

‘n Man is in hegtenis geneem nadat sy vriendin op Nuwejaarsdag in Willowvale in die Oos-Kaap met ‘n mes doodgesteek is.

“Die 19-jarige vrou is vroeg Dinsdagoggend dood,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Die twee het glo die nuwe jaar gevier toe hulle oor iets begin stry het.” Die man het glo ‘n mes gegryp en die vrou in haar bors gesteek. Sy is op die toneel dood.

“Die polisie het die 34-jarige vermeende moordenaar op die toneel met die beweerde moordwapen aangetref,” het Manatha bygevoeg. Die man sal Donderdag in die landdroshof in Willowvale verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.