Man vermoor glo meisie, pleeg selfmoord

ʼn Man het glo Saterdag sy vriendin doodgeskiet waarna hy glo selfmoord gepleeg het in Mankweng in Limpopo.

Konst. Moses Molepo, woordvoerder van die polisie, sê die 29-jarige vrou het glo by haar 36-jarige kêrel gaan kuier waarna hulle glo in ʼn argument betrokke geraak het. “Die kêrel het glo ʼn ongelisensieerde vuurwapen uitgeruk en haar in die kop geskiet waarna hy glo selfmoord gepleeg het. Die man is op die toneel dood verklaar terwyl die vrou met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar is.” Molepo sê die name van die oorledenes kan nog nie bekend gemaak word nie aangesien hulle naasbestaandes nog in kennis gestel moet word. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek en ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.