Man vermoor glo swanger matrikulant

ʼn Man wat sy meisie, ʼn swanger matrikulant, oor die naweek met ‘n skerp voorwerp doodgesteek het, verskyn Dinsdag in die hof.

Die Daily Voice berig die 23-jarige man word van moord aangekla op die 20-jarige Ncebakazi Bili en haar ongebore baba. Die voorval het in die Samora Machel informele nedersetting in Philippi, in die Wes-Kaap, plaasgevind.

Die verdagte het Bili glo konfronteer nadat hy haar saam met haar vorige kêrel gesien het. Hy het haar glo verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Sy was agt maande swanger.

Na wat berig word, wou die man weghardloop, maar die gemeenskap het hom aangekeer en geslaan voor hy aan die polisie oorhandig is.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.