‘n Man het Saterdag sy tweelingbroer in Butterworth in die Oos-Kaap vermoor.
Volgens kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het ‘n argument tussen die twee uitgebreek en die een broer het die ander, voor familielede, met ‘n skerp voorwerp in die bors gesteek. Die 29-jarige is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn. Dit is nog nie duidelik waaroor die twee argumenteer het nie.