Man vermoor glo tweelingsussie oor alkohol

‘n 49-jarige man is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy sy tweelingsussie oor alkohol vermoor het.

Die tweeling was glo Saterdag tuis besig om ‘n paar drankies te geniet en ‘n buurvrou het later by hulle aangesluit. Die man was glo ontevrede dat die buurvrou by hulle aangesluit het en verniet wou saam drink.

Volgens sersant Philani Nkwalase, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het die broer uit die huis gestap, ‘n baksteen opgetel en dié deur die venster terug in die huis gegooi. Die baksteen het egter sy tweelingsussie teen haar kop getref. Sy is na die plaaslike kliniek geneem vir behandeling en daar gestabiliseer voordat sy ontslaan is. Sy het egter Sondagmiddag tuis aan haar beserings beswyk. Die broer het toe na bewering sy tweelingsussie na ‘n privaatlykshuis geneem sonder om die polisie in kennis te stel.

Die polisie het ‘n wenk hieroor ontvang en gevolglik die broer in hegtenis geneem. ‘n Nadoodse ondersoek sal nou uitgevoer word.

Die broer word van moord aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.