Man vermoor glo vriendin, baba

crime-scene-tape-320x191Die polisie is op soek na ʼn man wat glo Sondag sy vriendin en hul eenjarige baba in Thabazimbi, Limpopo vermoor het.

Lt.genl. Fannie Masemola, provinsiale polisiekommissaris, sê die man het glo Sondagoggend na sy 22-jarige vriendin se huis gegaan en daarop aangedring om haar te sien. Sy het glo geweier waarna hy die huis se deur oopgedwing het, haar na buite gesleep het en haar met ʼn klip doodgeslaan het. Masemola sê die verdagte het glo hierna die huis aan die brand gesteek met die baba wat steeds in die huis was voor hy gevlug het. Masemola het ʼn beroep op gemeenskapslede gedoen om die polisie by te staan in hul soektog na die verdagte.

Masemola sê ʼn 20-jarige man is intussen in Levubu in hegtenis geneem nadat hy glo sy 19-jarige vriendin en haar ma vermoor het. Hy sê die man en sy vriendin het glo in ʼn argument betrokke geraak waarna hy haar en haar ma doodgeskiet het. Die verdagte sal Maandag in die Levubu-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rondom Lelik ·

Hel die eerste berig van die nuwe week en vier moorde reeds gepleeg. Hoeveel nog voor die week uit is. Waarheen is die land op pad? Hierdie is mos nie normaal in ENIGE samelewing nie. Maar misdaad is onder beheer? Hoe sal dit nie gaan indien dit buite beheer raak nie?

Adri ·

Die bewoording van die berig laat die indruk dat die baba betyds gevlug het: “… die baba was steeds in die huis voor hy gevlug het”. Dankie tog!

Paul Smith ·

Slaan haar met ‘n klip dood, hoeveel kappe was nodig voordat sy beswyk het? Ek was in 1982 in ‘n brandongeluk met ‘n parrafienyskas en dit was HEL. Wat moes daardie kleinding deurmaak voordat hy/sy ook dood is? Enigiemand wat al in ‘n brandongeluk was weet wat dit is, jy wens dit nie eens vir ‘n hond toe nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.