Man vermoor glo vrou, pleeg selfmoord

ʼn Man het glo Woensdag sy vrou met ʼn skroewedraaier en ʼn mes gesteek voor hy homself aan ʼn boom opgehang het.

LookLocal Pretoria North berig dat die egpaar Woensdagoggend ʼn rusie gehad het waarna die man sy vrou glo verskeie kere met die skroewedraaier en mes gesteek en homself aan ʼn boom opgehang het by die paartjie se huis in Pretoria-Noord. Die vrou was steeds lewendig toe paramedici op die toneel aangekom het maar is minute later dood verklaar. Die man is ook op die toneel dood verklaar. Die egpaar was glo besig om te skei. Die paartjie los ʼn 10-jarige dogter en ʼn driejarige tweeling agter.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.