Man vermoor glo vrou, seun

ʼn 61-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo Sondagaand sy 60-jarige vrou en 42-jarige seun doodgeskiet het na ʼn beweerde rusie by hul huis in Dorandia, Pretoria-Noord.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Katlego Mogale, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 23:00 Sondagaand plaasgevind. Mogale sê die man het glo in ʼn rusie betrokke geraak met sy vrou en seun voor hy hulle doodgeskiet het. Die vrou en seun is op die toneel dood. Die man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag of Woensdag in die Pretoria-Noord landdroshof verskyn. Hy staan tereg op twee aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.