Man vermoor, ma in badkamer toegesluit

ʼn Bekende hondeteler van Noordwes het vir ʼn week ʼn lank dood in sy plaashuis gelê terwyl sy ma, wat Alzheimer se siekte het, in die badkamer toegesluit was.

Beeld berig dat Eric Labuschane (51) se liggaam Donderdag deur die polisie gevind is terwyl sy ma eers Vrydag gevind is. Labuschane is met ʼn mes gesteek en met ʼn klip aangerand. Sy ma was in die bad gevind, gedehidreer en erg geskok. Sy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling. Labuschane het sedert Augustus verlede jaar die vier slaapkamer huis op die plaas Olifantshoek, sowat 23km van Rustenburg, gehuur. Volgens Beeld het Labuschane die huis by Peter Roberts, seun van die kruiekenner Margaret Roberts, gehuur. Labuschane en sy ma is verlede Woensdagaand die laaste keer lewend gesien. Volgens Roberts was Labuschane ʼn kluisenaar en was hy dus nie bekommerd dat hy nie hom of sy ma gesien het nie. Roberts het bekommerd geraak toe hy gesien het hoe maer Labuschane se honde lyk. “Ek het na die huis gegaan, daar was ʼn slegte reuk en vlieë.” Roberts het die polisie gebel en hulle het die deur afgebreek. Labuschane se liggaam is in die hoofslaapkamer gevind. “Daar was bloed orals oor die mure en Eric is met ʼn mes gesteek en met ʼn klip aangerand,” het Roberts gesê. Kol. Emelda Setlhako, woordvoerder van die polisie, sê Labuschane is ook gewurg. Dit lyk nie of daar gedwonge toegang tot die huis was nie. Labuschane se werker is ook verlede Woensdag laas gesien. ʼn Volkswagen-bakkie en twee selfone word vermis.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

hennie ·

En nog steeds luister w/man nie…staaN LIEWERS IN DIE RY EN WAg jou beurt om vermoor te word, af…..geduldig en gedwee….soos n skaap ter slagting!!

Cecilia O'Connell Behrens ·

Dit is sooo tragies.
Oliftanshoek is baie ver van Rustenburg gelee….(Olifantshoek is in die Kaap provinsie geleë,tussen Kathu en Upington.

Elza ·

Cecilia O’Connell Behrens, ek lees die plaas se naam is Oliefantshoek. so dis nie die dorp nie.. maak tog nie saak nie dit bly tragies..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.