Man vermoor na stryery op bus

ʼn Buspassasier is Maandag in Kimberley in die Noord-Kaap vermoor nadat hy en ʼn medepassasier glo stry gekry het.

Luit. Olebogeng Tawana, ʼn polisiewoordvoerder, sê die bus was op pad van Kathu na Bloemfontein toe dit by ʼn vulstasie in Kimberley gestop het. Tawana sê twee mans het glo stry gekry oor inisiasieseremonies waarna ʼn 34-jarige man glo die 22-jarige Ramotse Taole met ʼn skerp voorwerp in die nek gesteek het. Een van die mans het glo ʼn inlywingsritueel ondergaan en die ander man nie. Die 34-jarige man het op die vlug geslaan maar is later in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting vandag in die Kimberley-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.