Man vermoor tydens ‘padwoede-voorval’

Foto: www.looklocal.co.za

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn motoris tydens ʼn beweerde padwoede-voorval by die Fonteinesirkel in Pretoria met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.

LookLocal berig dat die voorval Vrydag op die R21 plaasgevind het. Twee motoriste het glo in ʼn rusie betrokke geraak voor ʼn geveg uitgebreek het. ʼn Passasier in die oorledene se motor beweer die verdagte het die slagoffer met ʼn skerp voorwerp in die arm gesteek. Die slagoffer kon daarin slaag om terug in sy motor te klim en sowat 2km te ry voor hy sy bewussyn verloor het. Hy is op die toneel dood. Die polisie kon intussen daarin slaag om ʼn man in sy laat 50’s in hegtenis te neem in verband met die voorval. Hy sal binnekort in die Pretoria landdroshof verskyn. Die identiteit van die oorledene is nog nie bekendgemaak nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.